fbpx

ATKV praat oor dramaterapie se voordele

Die ATKV het onlangs met Rozanne Myburgh gepraat oor dramaterapie se voordele en impak.

“Drama is fantasties vir selfbeeld, kreatiwiteit, spontaneïteit en konsentrasie,” sê Rozanne Myburgh, ’n dramaterapeut by die Lefika La Phodiso-instituut in Johannesburg. “Dit is ’n proses en kuns waar jy jou hele menswees, lyf en gees gebruik om jouself uit te druk. Dit help ook met geletterdheid, lees, begrip en skryf.”

Volgens Rozanne bied Lefika La Phodiso ’n program om deur drama kinders se geletterdheid te verbeter. “Ons besef dat lees- en skryfvaardighede in Suid-Afrika ’n groot probleem is.” Volgens die Progress in International Reading Literacy Study (Pirls) is Suid-Afrika laaste onder 50 lande wat leesvaardighede en geletterdheid betref. Pirls het bevind tot agt uit tien gr. 4-leerders kan steeds nie met begrip lees nie. Dit staan in skrille kontras met Engeland, waar dié syfer maar 3% is.

Die sielkundige welstand van kinders in Suid-Afrika is net so skokkend. Volgens die Suid-Afri-kaanse Depressie-en-Angsgroep (Sadag) ly 17% aan angs en depressie. Rozanne is ook betrokke by ’n dramaklub vir tieners in die Johannesburg-middestad en sê sy kan die impak van drama op die kinders sien.

“Een van die seuns het vir my gesê dit is vir hom so lekker om vir eens iemand anders te speel, want dan kan hy vir ’n paar minute, of ’n uur, uit sy omstandighede ontsnap. Vir my spreek dit boekdele oor die impak wat drama kan hê. Ek vind dié kinders kan hulself beter uitdruk en het ’n ryk emosionele woordeskat.

Lees die artikel hier.

Lees hier meer oor Lefika se Drama Club in die middestad van Johannesburg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to top